WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Oct 19, 2017
Episode 130. - Danie Marais
Oct 19, 2017
Oct 19, 2017
1 hr 34 min
Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture.
Danie kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 56 en ons riff oor Die Wasgoedlyn, die beste albums van 2017, sosiale media, pop culture, folk music en nog vele meer.
Oct 19, 2017
1 hr 34 min
Oct 8, 2017
Episode 129. - Louise Crouse
Oct 8, 2017
Oct 8, 2017
1 hr 22 min
Louise Crouse is ’n publicist wat PR doen vir kunstenaars en bands soos Fokofpolisiekar, Francois van Coke, Stoker, Jack Parow, Die Heuwels Fantasies, Taxi Violence, PHFAT en nog ’n hele klomp ander. Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Louise gee ons ’n kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.
Oct 8, 2017
1 hr 22 min
Sep 29, 2017
Episode 128. - Rupert Koopman
Sep 29, 2017
Sep 29, 2017
1 hr 34 min
Rupert Koopman is ’n plantkundige by Cape Nature, hy is basically ons eie David Attenborough as dit by fynbos kom, met ander woorde: Rupert maak úít van fynbos. Aangesien hy ’n rockstar-botanis is, móés hy in die garage kom kuier vir ’n wildcard interview.
Sep 29, 2017
1 hr 34 min
Sep 21, 2017
Episode 127. - Dirkie 'Porra' van der Merwe
Sep 21, 2017
Sep 21, 2017
1 hr 57 min
Porra van der Merwe is main-man by DPK, 'n company op Stellenbosch wat events en feeste reël, hulle produce ook 'n klomp goeters vir TV, film en die verhoog. Porra kom kuier in die garage en vertel vir Willim 'n hele paar van daai legendariese MK Avontoer-stories en wat hy alles oor die jare geleer het oor hoe 'n ding lekker te reël.
Bestel Willim se nuwe album Blitzkriek by williamwelfare@gmail.com
Sep 21, 2017
1 hr 57 min
Sep 14, 2017
Episode 126. - Hannes Brümmer
Sep 14, 2017
Sep 14, 2017
1 hr 16 min
Hannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en riff saam met Willim oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Hulle gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks 'Kompleks' ’n cult-classic geword het.
Sep 14, 2017
1 hr 16 min
Sep 7, 2017
Episode 125. - Hunter Kennedy
Sep 7, 2017
Sep 7, 2017
1 hr 18 min
Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar kom kuier vir 'n tweede keer in die garage om te gesels oor hulle nuwe crowd-funded album 'Selfmedikasie', hoekom hy nie meer op social media is nie en hoe daai slang sy eie stert vreet.
Sep 7, 2017
1 hr 18 min
Sep 3, 2017
Episode 124. - Toast Coetzer ivm Ons Klyntji
Sep 3, 2017
Sep 3, 2017
1 hr 23 min
Toast Coetzer is ’n joernalis, beat poet, radio-omroeper, fotograaf en een van die editors van Ons Klyntji. Toast kom kuier in die garage om te gesels oor die geskiedenis van dié publikasie en om ’n paar stukke voor te lees van die nuwe ene wat uitkom in Oktober 2017.
Sep 3, 2017
1 hr 23 min
Aug 24, 2017
Episode 123. - Pietie Beyers
Aug 24, 2017
Aug 24, 2017
2 hr 11 min
Pietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks ‘Orion’, as Dr. Deon Visser in ‘Binnelanders’ en in ander TV-reekse en films soos ‘Buurtwag’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Beskermhere’ en ‘Onder Die Tafel’.
Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy kinderdae en sy nuwe lease on life.
Geborg deur Visuals.TV
Aug 24, 2017
2 hr 11 min
Aug 17, 2017
Episode 122. - Tertius Kapp
Aug 17, 2017
Aug 17, 2017
1 hr 15 min
Tertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke ‘Rooiland’ en ‘Oorsee’. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film ‘Dis Ek Anna’.
Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm ‘Ek Het Jou Gemaak’ wat die 24ste Augustus debuteer by die kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy vriendskappe met Haddad en Willem Anker.
Aug 17, 2017
1 hr 15 min
Aug 13, 2017
Episode 121. - Sondagaand
Aug 13, 2017
Aug 13, 2017
30 min
Willim vertel jou al sy week se spookstories en lees vir jou ook 'n brief.
Onthou om asb vir sy musiekvideo te stem deur "MVP Willim Welsyn" te SMS na 40800. Hy kan nog 'n video wen en jy kan 'n CD-hamper by KYKNET NOU! wen.
Aug 13, 2017
30 min







