WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Dec 8, 2016
Episode 86. - Best Of 2016 (Deel 1)
Dec 8, 2016
Dec 8, 2016
1 hr 2 min
Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons alles geleer het in 2016.
Hier's 'n paar flashback interview nuggets met Gian Groen, Inge Beckmann, Koos Kombuis, Hanru Niemand, Melt Sieberhagen, George van der Spuy, Gerhard Grobler en Annie Klopper.
Dankie dat jy luister. Vertel gerus jou vriende van die show en wys hulle hoe om te luister met jou foon of rekenaar, jy maak mos uit van hierdie goed.
Dec 8, 2016
1 hr 2 min
Dec 1, 2016
Episode 85. - Deon Maas
Dec 1, 2016
Dec 1, 2016
1 hr 32 min
Deon Maas is ’n skrywer (‘Witboy in Afrika’ en nou ‘Melk Die Heilige Koeie’), maker van dokumentêre films (‘Punk in Africa’ en ‘Who Killed Johannes Kerkorrel?’) en ’n televisievervaardiger (‘Jam Sandwich’ en ‘Fortuinsoekers’). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannesburg saam met haar, Watson (’n blinde Scotty) en verskeie ander honde wat elkeen hul eie hang-ups het.
Deon kom kuier in die garage die aand voor hy sy nuwe boek ‘Melk die heilige koeie’ launch in Kaapstad en ons gesels oor alles.
Dec 1, 2016
1 hr 32 min
Nov 24, 2016
Episode 84. - Peter Mitchell (Pietman)
Nov 24, 2016
Nov 24, 2016
1 hr 45 min
Peter Mitchell is die verhoognaam van Pietman Geldenhuys – daai ou agter ‘Die Skot’-karakter wat ook deesdae met stories boer op die gewilde kykNET-program Oppiestoep wat hy saam met Andries Vermeulen aanbied.
Maar meer as dit is Pietman eintlik ’n musiekant en ’n singer-songwriter… Pietman is eintlik baie dinge, dus moes hy in die garage kom kuier sodat ons kan uitvind van al hierdie dinge wat Pietman is, was en maybe nog gaan wees. Maak jouself reg vir 'n paar mooi stories.
Nov 24, 2016
1 hr 45 min
Nov 17, 2016
Nov 17, 2016
31 min
Willim laai sy laaitie in die pram en gaan stap een Saterdagoggend deur die strate van Bellville toe hy ’n leë CD-sleeve met love song-titles op sien wat in die pad lê. Die sleeve het toe ook ’n kontak nommer op.
Hy bel toe die nommer van Yusuf Allie en kom toe op ’n onverwagse storie af van ’n Kaapse familie, Griekse musiek en international songwriting credits.
Nov 17, 2016
31 min
Nov 10, 2016
Episode 82. - Pierre-Arnold Theron
Nov 10, 2016
Nov 10, 2016
1 hr 46 min
Pierre-Arnold Theron was vir nege jaar die teatrale perkussiespeler in Mr Cat & The Jackal, hy’s ook die vibes manager by DPK op Stellenbosch, ’n klanktegnikus by die Konserwatorium en ’n akteur.
Hy’t onlangs onder die naam Shakespierre ’n weeklikse vlog (video-blog) begin waar hy al sy missions document en deel met die wêreld. Gaan check dit uit by shakespierre.co.za.
Ons gesels oor dit alles en meer.
Gaan koop asb my krismis-special plaat op vhmusic.co.za.
Nov 10, 2016
1 hr 46 min
Nov 3, 2016
Episode 81. - Ernst van Dyk
Nov 3, 2016
Nov 3, 2016
1 hr 20 min
Ernst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en kruiwae.
Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdie is maar net enkele van sy vele prestasies.
Ernst kom kuier in die garage en vertel waar dit alles begin het en die verhouding tussen pressure, roem en sukses. Turns out hy is nie net 'n medalje worsmasjien nie, maar ook 'n baie cool dude.
Nov 3, 2016
1 hr 20 min
Oct 27, 2016
Episode 80. - Bacchus Nel
Oct 27, 2016
Oct 27, 2016
1 hr 47 min
Bacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy
sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf
en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs.
Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in
Standerton, die ongeluk, daai dae in
Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap
toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.
Oct 27, 2016
1 hr 47 min
Oct 20, 2016
Episode 79. - Jake Gunn
Oct 20, 2016
Oct 20, 2016
1 hr 29 min
Jake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald
van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body
language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke
singer-songwriters en guitarists.
Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby
game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing
loopbaankeuses in die boukunde en hoe hy vir Piet Botha begin stalk het en toe
sommer ook die band gejoin het.
Hulle gesels ook oor die recording sessions van sy eerste album Triple
Jack en eindig die show af met ’n live, acoustic performance van Jake Gunn se
“Rosie” en Willim Welsyn se “Vêr Hiervandaan”.
Oct 20, 2016
1 hr 29 min
Oct 13, 2016
Episode 78. - Annelise Erasmus
Oct 13, 2016
Oct 13, 2016
1 hr 14 min
Annelise Erasmus is ’n erotiese skrywer met drie boeke
agter haar naam en sy is ook mainkonyn agter die populêre Afrikaanse
blog kombietjiehier.co.za. Sy kom kuier in die garage al
die pad van Pretoria af en ons gesels oor haar industrious loopbaan as skrywer,
onafhanklike uitgewer en blogger.
Oct 13, 2016
1 hr 14 min
Oct 6, 2016
Episode 77. - Donovan Honeyborne
Oct 6, 2016
Oct 6, 2016
1 hr 13 min
Donovan
Honeyborne is a singer-songwriter and actor from Pretoria who is currently on tour in
Cape Town with his band Bright Lights Big City. Donovan also fronts another band
called Feed The Wolf and now and then he’ll act in Afrikaans soapies where he
usually plays a bad guy or a kidnapper.
We talk
about all his bands, influences, travels, that time when he played with Piet
Botha and Jack Hammer, how Lanie van der Walt produced his solo album and his
random web and video collaborations with Gifford of Watkykjy.co.za.
Willim also
prank calls him prior to the interview.
Oct 6, 2016
1 hr 13 min







