EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Tuesday Jun 23, 2015
Tuesday Jun 23, 2015
Tuesday Jun 23, 2015
Dirk Ace kom kuier in die garage en ons kom nogal naby om ’n hele chunk van sy lifestory te cover.
Beter bekend as “Dagga Dirk Uys” – die brein agter die Voëlvry Toer - is die res van sy CV nogal impressive.
Hy’t Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert gereël in 1988, die Voëlvry Toer in 1989, Die Mystic Boer- en Droomrivier toer met Valiant Swart in 1992 en 1993, Die Heel Eerste Oppikoppi Band Weekend, die Danzer toer met Anton Goosen en die Elke Boemelaar se Droom toer met Koos Kombuis in 1994.
Hierdie is maar net enkele toere in die late 80s en early 90s - nie eers te praat van al die produksies en feeste wat later op sy kerfstok verskyn nie.
Die lys gaan aan en aan en aan en so ook die geskiedenis.
Dirk het baie om te vertel. Ons begin by sy skooldae op Carolina, sy verhouding met sy pa, sy eerste paar jobs en sy dae in army. Daarna vat hy ons Bloemfontein toe waar hy as kampusradio DJ Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert begin reël – ’n voorbrand vir die kultuurbeweging wat eventueel die Voëlvry Toer sal word.
Aan die einde van die interview kan jy pryse wen. Dus, luister klaar en kom Donderdag terug om deel twee met Dirk te luister.
Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.
Tuesday Jun 16, 2015
Tuesday Jun 16, 2015
Tuesday Jun 16, 2015
Oppad Franskraal toe stop Willim by Anton Goosen op Gansbaai.
Anton bou vir hulle ’n klomp koffies en hulle klim agter die mics in rondom sy kombuistafel om te gesels oor die locals, meeste van sy albums, die linkse vs. die regse vleuels van die Afrikaanse media, doef-doef, disco en The Bee Gees.
Anton vertel oor sy dae as ’n joernalis, producer en sy vriendskap met Sonja Heroldt, Johan Pienaar en Dirk Ace.
Hulle riff ook oor “Nool van der Merwe” wat Bob Dylan en Leonard Cohan se songs na Afrikaans toe gaan vertaal het.
Daar’s ’n paar production anecdotes oor Koos Kombuis se befokte album Elke Boemelaar Se Droom, behind-the-scenes stories oor die Houtstokfees en daai keer wat Bles Bridges hom van agter af gewurg het voor ’n opname op Goeiemôre Suid-Afrika.
Skop, skiet en donner vandag op WAT.
Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.
Tuesday Jun 09, 2015
Tuesday Jun 09, 2015
Tuesday Jun 09, 2015
Piet Botha is die embodiment van Suid-Afrikaanse rock ‘n’ roll geskiedenis. Hy’t al alles gesien, gehoor, gesing en geleef. Willim slaap ’n aand oor by Piet se huis in Pretoria en vroeg die volgende oggend - voor Piet hom lughawe toe moet neem - sit hulle en gesels oor sy dae in die 70s, 80s, 90s, 00s and beyond.Daar’s ’n paar kiff verhale oor bomdreigemente, Amerika, venues wat afbrand, Raven, Wildebeest, agents, Billy Bob Thornton en ’n Suitcase Vol Winter.Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.
Tuesday Jun 02, 2015
Tuesday Jun 02, 2015
Tuesday Jun 02, 2015
Bekend vir sy
ominous bestseller My Traitor’s Heart en minder bekend vir sy befokte,
underrated Afrikaanse album Alien Inboorling – gesels Willim vandag met Rian
Malan.
Rian riff oor
die vloek van die Afrikaner, journalism, geskiedenis, record labels, the art of
storytelling en die fokop van die digital revolution.
Hierdie
episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.
Sunday May 31, 2015
Sunday May 31, 2015
Sunday May 31, 2015
Willim bel eers vir Griffin van Watkykjy.co.za om meer uit
te vind oor al die geld wat hy gehelp het om in te samel vir Drikus ‘Brixton’
Barnard van die Brixton Moord en Roof Orkes se breinoperasie.Daarna gesels hy met Brixton Moord en Roof Orkes se sanger Andries ‘Roof’ Bezuidenhout oor hulle nuutse album – ‘Slaaptyd in Die Suburbs’, academics en
Drikus se breinoperasie wat hierdie Woensdag plaasvind. Hulle praat ook oor The
Beatles, Rolling Stones en Arcade Fire.
Hierdie
episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.
Wednesday May 27, 2015
Wednesday May 27, 2015
Wednesday May 27, 2015
Willim gesels met Francois oor die skielike sukses van sy
nuwe solo album, die power van love songs en die hele nuwe audience wat hy
onlangs gevind het. Francois bespreek ook sy vrese, life in the suburbs en daai
keer wat hy vir Dave Grohl en James Hetfield ontmoet het. Hy laat ook ’n paar
ape uit die mou ivm die Blood Brothers setlist.
Monday May 18, 2015
Monday May 18, 2015
Monday May 18, 2015
Willim en Toast gesels oor The Buckfever Underground, Oppikoppi, Ons Klyntji se voortbestaan en die beskerming en kuratorskap van ons huidige kunste.
Saturday May 16, 2015
Saturday May 16, 2015
Saturday May 16, 2015
Joernalis, beat poet, radio-omroeper en fotograaf Toast Coetzer kom kuier in die garage vir die heel eerste onderhoud op Willim Welsyn se nuwe podcast show, WAT. Hulle gesels oor die Ooskaap, boeke, musiek uit die 90s, The Buckfever Underground en die waarde van popkultuurbeskerming.