EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Thursday Jan 22, 2026
Thursday Jan 22, 2026
Thursday Jan 22, 2026
Kom kuier saam in Durbanville waar ek met kopieskrywer, woordsmid en Skryfyster Anna-Bet Stemmet gesels. Die gesprek het plaasgevind voor 'n lewendige gehoor by die uitreiking van haar debuutboek, Goed Wat Gebeur Het Met Mense Op Plekke. Ons gesels oor biblioteke, videowinkels, haar skryfproses, die stories agter die stories en snaakse familiegeheime. Besoek https://skryfyster.com/books/ en bestel dadelik ’n kopie.
Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show, stuur 'n e-pos na williamwelfare@gmail.com.
Wednesday Jan 14, 2026
Wednesday Jan 14, 2026
Wednesday Jan 14, 2026
Na 'n lang stilte sedert 2020 is die WAT Met Willim Welsyn Podcast terug! In episode 172 kuier Willim saam met die energie-aansteeklike Karel Bester, die frontman van Karel Bester en die Kraaines Band. Hulle gesels oor die band se nuwe studio album, hoe ADHD se uitdraaikryte kreatiwiteit kan help inkleur, color coding methods om dinge georganiseer te kry, memes, en hoe Karel die volgende torch bearer vir Tradisionele Afrikaanse Psychedelic Boere Punk Rock aan die brand hou.
Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die podcast is terug en wil help om dit aan die gang te hou, ondersteun gerus die comeback! Jy kan iets bydrae via Payfast by https://payf.st/m5z3l of PayPal by paypal.me/willimwelsyn. As jy belangstel om te adverteer op die show, stuur 'n e-pos na williamwelfare@gmail.com.
Thursday Nov 05, 2020
Thursday Nov 05, 2020
Thursday Nov 05, 2020
Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche.
Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster crowdfund campaign ten bate van Bert, Boetie, Novi en die Ladismith-gemeenskap hier: www.williamwelfare.com of op www.thundafund.com/project/6551477109653508
Support ook gerus die WAT Podcast, indien jy sou wou:
JWF Barnard
FNB Cheque/Current: 62708797298
Branch: 200213
Friday Aug 28, 2020
Friday Aug 28, 2020
Friday Aug 28, 2020
Neil Sandilands kom al die pad van Hollywood af om te kom kuier in ’n garage in Bellville vir die eerste, offisiële WAT Podcast episode van 2020. Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export. Ons braai en gesels oor sy kinderdae in Randfontein, rugby, filosofie, die rolle wat hy vertolk het in die TV-reekse Meester, Konings en Orion, onder andere. Ons gesels ook oor Hollywood en sy nuwe song Die Ballade van Frik & Dot, oftewel, "Goue Graal".
Support die WAT Podcast, indien jy sou wou:
JWF Barnard
FNB Cheque/Current: 62708797298
Branch: 200213
Thursday Jun 18, 2020
Thursday Jun 18, 2020
Thursday Jun 18, 2020
Hallo. Lanklaas, ek weet. Otherwise, you well?
Hierdie Saterdag die 20ste Junie, tussen 13h00 en 19h00 hou ons BOOTSTRAP FEST.
Jy kan ’n Blitzkriek Braaikaaster wen. Hoe? As jy R200 skenk, jou bewys van betaling, jou naam en van stuur na williamwelfare@gmail.com toe, dan is jy deel van die lucky draw op Saterdag. Die raffle sluit Vrydagaand 19 Junie, 21h00 en ons doen die live draw tussen 13h00 en 19h00 gedurende die BOOTSTRAP FEST op Facebook.
Vir die Braaikaaster Raffle, skenk gerus hier:
JWF Barnard
FNB Cheque/Current: 62708797298
Branch: 200213
Email POP, naam en van na williamwelfare@gmail.com
As jy klaar ‘n Braaikaaster het, kan jy die fees hier ook ondersteun:
STRAB ProductionsABSA Current account4078290413Branch: 335645Reference: Bootstrap
Hierdie is ‘n GRATIS show vir ‘n goeie doel, alle fondse wat ingesamel word is ten bate van die Somerset West Night Shelter, die Feed Malongane Initiative en natuurlik ook die kunstenaars wat Saterdag gaan optree. Bootstrap Fest, in samewerking met die awesome #STRAB-span en die topklas mense by Orgasmic Music Gallery, sien uit om julle Saterdag te check!
Ons het die Valiant Swart Band, Mr. Cat & the Jackal, Warongx en die Willim Welsyn Band op die spyskaart. Mr Miles Keylock gaan julle ook verras met ‘n paar special guest interviews op die dag tussen die band change-overs. 😎
Julle almal is genooi!
Sunday Dec 22, 2019
Sunday Dec 22, 2019
Sunday Dec 22, 2019
Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels Willim met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Hulle gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 90s, die army, London, die begin van Boland Punk, Louis se vriendskap met Almuir Botha, die Voëlvry beweging, Dirk Ace, Valiant Swart, Koos Kombuis, Madonna, Bernoldus Niemand, 80s popmusiek, Breyten Breytenbach, krieket en oor ’n hele klomp ander dinge ook.
2020, hier kom ons.
Tuesday Jun 04, 2019
Tuesday Jun 04, 2019
Tuesday Jun 04, 2019
Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel.
Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019, hy was 63 jaar oud.
Friday Apr 05, 2019
Friday Apr 05, 2019
Friday Apr 05, 2019
Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam met Wanton Bishops, Yellawolf and hy was die toer-DJ vir The Pixies en onlangs ook The Cure toe hulle hier kom kuier het.
Rob kom kuier in die garage en ons gesels oor al die plate en CD-shops waar hy al gewerk het, sy eerste paar gigs as ’n Kwaito DJ, die sielkunde van ’n goeie playlist en hoe om mense op die dansvloer te hou, maar ook seker te maak hulle koop genoeg drank by die bar.
Friday Mar 15, 2019
Friday Mar 15, 2019
Friday Mar 15, 2019
Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.
Friday Mar 08, 2019
Friday Mar 08, 2019
Friday Mar 08, 2019
Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis.
Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.