WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Sep 13, 2018
Episode 152. - Laudo Liebenberg
Sep 13, 2018
Sep 13, 2018
1 hr 27 min
Laudo Liebenberg is die leadsinger en guitarist van aKING. Hy’s ook ’n akteur op die verhoog, tv en die silwerskerm. Willim vra hom uit oor sy kinderdae in Bellville, die dae toe hy in die Fokofpolisiekar-huis gewoon het, sy eerste acting rolle, die begin van aKING, record labels en die stand van sake… tans.
Sep 13, 2018
1 hr 27 min
Sep 6, 2018
Episode 151. - Wynand Myburgh
Sep 6, 2018
Sep 6, 2018
1 hr 58 min
Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.
Sep 6, 2018
1 hr 58 min
Mar 2, 2018
Mar 2, 2018
38 min
Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show.
Mar 2, 2018
38 min
Mar 1, 2018
Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2)
Mar 1, 2018
Mar 1, 2018
1 hr 1 min
Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel.
Mar 1, 2018
1 hr 1 min
Mar 1, 2018
Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1)
Mar 1, 2018
Mar 1, 2018
1 hr 5 min
Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy uitstalling gaan kyk en luister by die Woordfees op Stellenbosch: Skree Alleen is ’n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid.
Mar 1, 2018
1 hr 5 min
Feb 23, 2018
Episode 147. - Kobus Galloway
Feb 23, 2018
Feb 23, 2018
1 hr 50 min
Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het.
Feb 23, 2018
1 hr 50 min
Feb 9, 2018
Episode 146. - Jaco van der Merwe
Feb 9, 2018
Feb 9, 2018
2 hr 33 min
Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit.
Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met 'n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek - "WAT BINNE IS" - te druk en versprei.
Feb 9, 2018
2 hr 33 min
Feb 1, 2018
Episode 145. - Arno Carstens
Feb 1, 2018
Feb 1, 2018
1 hr 7 min
Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer.
Feb 1, 2018
1 hr 7 min
Jan 26, 2018
Episode 144. - Jack Parow
Jan 26, 2018
Jan 26, 2018
2 hr 24 min
Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.
Jan 26, 2018
2 hr 24 min
Jan 18, 2018
Episode 143. - Francois van As
Jan 18, 2018
Jan 18, 2018
1 hr 19 min
Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen musiek en komedie.
Jan 18, 2018
1 hr 19 min







