WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Jan 4, 2018
Episode 141. - Henré Pretorius
Jan 4, 2018
Jan 4, 2018
1 hr 55 min
Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd teen kanker verloor het.
Jan 4, 2018
1 hr 55 min
Dec 30, 2017
Episode 140. - Best Of 2017 (Deel 3)
Dec 30, 2017
Dec 30, 2017
1 hr 9 min
In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
Dec 30, 2017
1 hr 9 min
Dec 20, 2017
Episode 139. - Best Of 2017 (Deel 2)
Dec 20, 2017
Dec 20, 2017
1 hr 41 min
In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
Dec 20, 2017
1 hr 41 min
Dec 14, 2017
Episode 138. - Stéfan Burger
Dec 14, 2017
Dec 14, 2017
1 hr 48 min
Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan gesels oor dit alles en nog meer.
Dec 14, 2017
1 hr 48 min
Dec 6, 2017
Dec 6, 2017
53 min
Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.
Dec 6, 2017
53 min
Nov 24, 2017
Nov 24, 2017
1 hr 28 min
Rumswinger is ’n vintage swing, electro, house en pop band uit Kaapstad met ’n splinter nuwe EP. Carla Louw en Marné Gelderbloem is ’n couple en ook die groep se twee main members. Hulle vertel vir Willim van al hulle vorige bands, hulle onlangse travels, hoe dit is om te werk op die Survivor TV-reeks, die dae toe Marné in We Set Sail gespeel het, toe Carla by MK gewerk het en toe sy deelgeneem het in Idols. Carla gesels ook oor haar vorige art pop project Duimpie Se Maat.
Nov 24, 2017
1 hr 28 min
Nov 16, 2017
Episode 135. - Gareth Wilson
Nov 16, 2017
Nov 16, 2017
2 hr 9 min
Gareth Wilson is a rock ’n roll singer, songwriter, guitarist, music venue owner and talent buyer for Oppikoppi. Willim talks to Gareth about the origin and legacy of his main band Southern Gypsey Queen, how he became a music promoter at Southern Buzz, Hilltop Live, Oppikoppi and The Goodluck Bar.
Nov 16, 2017
2 hr 9 min
Nov 9, 2017
Episode 134. - Benjamin Booker
Nov 9, 2017
Nov 9, 2017
1 hr 7 min
Benjamin Booker is an American musician, singer, songwriter and guitarist. Booker’s got a new album out called ‘Witness’ and because Willim’s a huge fan, he decided to give the man a call to ask him a bunch of questions like: What was it like touring with Jack White? How did he get to play on David Letterman? (Turns out he saw Letterman fall on face after the show…) What happened to his first backing band? How did he get Mavis Staples to collaborate with him. All that and much more. They also talk through the tracks of his new album ‘Witness’, out now on ATO Records.
“Benjamin Booker makes retro music feel modern, reflecting on racism in America while drawing on blues, soul, and gospel.” – Pitchfork
Nov 9, 2017
1 hr 7 min
Nov 2, 2017
Episode 133. - Sarah Theron (Deel 2)
Nov 2, 2017
Nov 2, 2017
54 min
In deel 2 van Willim se gesprek Sarah Theron gesels hulle oor musiekfeeste, die lewe van ’n freelance sanger, self-censorship, songwriters, social-media, ’n stukkie politiek en ... boy bands.
Nov 2, 2017
54 min
Nov 2, 2017
Episode 132. - Sarah Theron (Deel 1)
Nov 2, 2017
Nov 2, 2017
1 hr 54 min
Sarah Theron is ’n bekroonde sangeres en ’n bekende aktrise met ’n intimiderende body of work agter haar naam. Sy kom kuier in die garage en gesels oor haar kinderdae in die Kaap, haar drama-studies op Stellenbosch en Pretoria, ouerskap, haar eerste musiekproduksies en haar rol as Baby Botha in Egoli – Plek van Goud. Ons gesels ook oor meeste van haar albums en die ups and downs van die musiekbedryf.
Nov 2, 2017
1 hr 54 min







