EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Thursday May 04, 2017
Thursday May 04, 2017
Thursday May 04, 2017
In die kar, oppad na die Sticks & Stones Festival by Bushwacked in Vioolsdrift, stop Willim ’n mikrofoon in co-pilot Valiant Swart se hand en vertel hy vir ons ’n paar pragtige behind-the-scenes toerstories.
Thursday Apr 27, 2017
Thursday Apr 27, 2017
Thursday Apr 27, 2017
Vetman Van Der Naam is ’n fotograaf en ’n graphic designer. In die dag werk hy by die Foschini Group as ’n graphic en fashion designer en in die aande neem hy fotos, meestal van bands.
Vetman het eintlik kom stickers haal en toe besluit ons om sommer ook oor die craft van fotografie en design te gesels.
Thursday Apr 20, 2017
Thursday Apr 20, 2017
Thursday Apr 20, 2017
Die baskitaarspeler Schalk Joubert is een van Suid-Afrika se mees gesoute en veelsydige live en studio musikante. Hy’s ook ’n producer en ’n vervaardiger en het al op meer albums en feeste gespeel as wat die average listener probably geluister of bygewoon het.
Schalk kom kuier in die garage en gesels oor sy musikale en vriendskaplike collaborations met, onder andere, Valiant Swart, Koos Kombuis, David Kramer en Gert Vlok Nel. Hy’t selfs al vir Bob Dylan ge-open en ’n kak jam session saam met Ginger Baker oorleef.
Strap yourself in.
Thursday Apr 13, 2017
Thursday Apr 13, 2017
Thursday Apr 13, 2017
Johnny de Ridder is die lead guitarist van Fokofpolisiekar en ook ’n studio owner, producer en engineer by Soft Light City saam met Jax Panik.
Johnny kom kuier in die garage om te gesels oor Fokofpolisiekar se suksesvolle crowdfunding campaign, die hype rondom die band se upcoming album en sy en Hunter Kennedy se songwriting verhouding. Ons gesels ook social media, guitar-styles en audio engineering.
Thursday Apr 06, 2017
Thursday Apr 06, 2017
Thursday Apr 06, 2017
Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (Via Weg! Agterpaaie), radio-omroeper (Bush Radio The Unhappy Hour) en veelbekroonde reisjoernalis by die uiters gewilde Weg!-tydskrif. Hy het voorheen ook by LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk.
Erns kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuwe boek wat pas die lig gesien het: Elders – My 1025km te voet langs die Camino, en hoe die boek nie die boere-weergawe van Eat, Pray, Love is nie. Willim vra hom ook heavy uit oor sy dae by LitNet, Huisgenoot en Insig.
Thursday Mar 30, 2017
Thursday Mar 30, 2017
Thursday Mar 30, 2017
Jean Tunes Marais is die man agter die drums in Dragoons, Jakobyn, Chris Ross en deesdae ook sommer in Die Wasgoedlyn ook. Jean kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe dit was om groot te word op Worcerster in ’n skool vir blindes, hoe hy begin music maak het saam met sy broer en hoe hy vandag ’n suksevolle rehearsal studio (Tunes Studio) op Stellenbosch run. Hulle gesels ook oor al die bands en projekte waarby hy betrokke was en die waarmee hy tans besig is.
Thursday Mar 23, 2017
Thursday Mar 23, 2017
Thursday Mar 23, 2017
Philip de Vos is bekend as skrywer, digter, vertaler, blogskrywer, radio omroeper en fotograaf. Hy het ook oor die jare as operasanger meer as 40 karakterrolle in operas vertolk. Hy het reeds 25 boeke gepubliseer en het verskeie literêre pryse vir sy skryfwerk ontvang.
Hy kom kuier in die garage waar hy en Willim hulle eie kreatiewe prosesse probeer uitfigure. Hy gesels ook oor die verhouding met sy ouers, sy kreatiewe verhouding met illustreerder Piet Grobler, al die vername mense wat hy al afgeneem het vir sy fotoboek Milieu, Mozart en... Moemin.
Thursday Mar 16, 2017
Thursday Mar 16, 2017
Thursday Mar 16, 2017
Op die 100ste episode van WAT bel Willim ’n paar van sy gereelde luisteraars om hoor hoe, waar en wanneer hulle na die show luister en wat van hulle high-lights was. 100! Geborg deur sheshafilmfood.com en Watvapejy.co.za
Thursday Mar 09, 2017
Thursday Mar 09, 2017
Thursday Mar 09, 2017
Izak du Plessis is ’n bekroonde joernalis, radio-omproeper en daai bekende stem wat jy elke weeksoggend kan hoor tussen 6:00 en 8:00 op RSG se gewilde nuusprogram Monitor.
In ’n baie emosionele gesprek onthul Izak aan Willim hoe sy kinderdae, die ambivalente herrineringe van sy pa, die einde van ’n huwelik en sy stormagtige bedanking as ’n teologies verdwaalde predikant hom gelei het tot ’n loopbaan in radio en joernalistiek.
Willim maak ook ’n groot aankondiging.
Wednesday Mar 01, 2017
Wednesday Mar 01, 2017
Wednesday Mar 01, 2017
Chris DeWet Bornman is die leadsinger en guitarist van die Cape Town-based hard rock band: Stoker. Sy broer Borrie is die bassist. Morgan O’Kennedy is die drummer en sy broer Redge is die ander guitarist. Dus is dit twee paar broers in een band.
Chris kom kuier in die garage en gesels oor Stoker se nuwe album, hy en sy broer Borrie se kinderdae op Rawsonville, sy pa wat ’n adjunkhoof is by ’n verbeteringskool en die dae toe hy vir Dead Lucky gespeel het.