EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Thursday Nov 12, 2015
Thursday Nov 12, 2015
Thursday Nov 12, 2015
Beer Adriaanse
kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle
KykNET show Buurtwag kan gesels.Hy vertel
hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat
alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show
op TV kon sien.
Hulle riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om kritiek te hanteer – want nie almal in die land like Buurtwag soos hard soos Willim en sy vrou nie.
Onthou ook
asb: Willim en vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, Willim
se Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD.
Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.
Hierdie
episode is geborg deur www.decibels.co.za
se band rehearsal studios in Pretoria. WAT luisteraars kry afslag.
Thursday Nov 05, 2015
Thursday Nov 05, 2015
Thursday Nov 05, 2015
Abel Kraamsaal se heel eerste live show… ooit… was ’n
opening set vir Koos Kombuis met ’n closing set deur Gian Groen.
Abel kom kuier in die
Kaap vir ’n week en hy maak ’n vinnige pitstop in die garage waar Willim hom
heavey uit vra oor hoekom hy altyd voor ’n show ’n kat skiet, hoe Koos Kombuis
sy mentor geword het en hoe de hel hy ’n qualified hypnotherapist geword het.
Daar is ook mooi stories oor Rock Spaaider, hoe hy en sy vrou die Kunskafee in
Durbanville begin het en hoekom die maag die hart van die hol, mond en keel is.Turns out Abel het nogal ’n knack vir risk assessment
wanneer dit by die lewe kom. Kiff chat.
Verder: Dis CONFIRMED. Die William Welfare – Shunt vinyl launch gebeur by Ellingtons
in Bellville Saterdag die 28ste November! Dankie aan VH Music & Publishing
wat hom publish – hulle launch ook saam met die vinyl daai selfde aand ’n
doccie Zeegunst: By Invite only wat
Willim gemaak het EN hulle nuwe online music shop. Stuur ’n mail na williamwelfare@gmail.com vir meer
inligting.
Thursday Oct 29, 2015
Thursday Oct 29, 2015
Thursday Oct 29, 2015
Wayne Davidson is ’n baie likeable, gladdebek drummer wat ’n groot bydrae gelewer het gedurende die tydperk van Jan Blohm se rise to fame.Wayne het ’n knack om ’n goeie songwriter te recognise wanneer hy een sien - so dit maak sin dat hy al drums gespeel het vir ouens Gian Groen, Jan Blohm, Ryno Velvet en Abel Kraamsaal. Hy het ook al ’n hele paar random jobs gehad waarvan een by Bowline Distribution was.Hulle gesels oor Dorpstraat Teater, Steak 'n' Ale, Bowline, KKNK, Aardklop, dayjobs en hoekom hy tot vandag nog nooit vir Valiant Swart wou ontmoet het nie.Willim maak ook 'n paar belangrike announcements.
Friday Oct 23, 2015
Friday Oct 23, 2015
Friday Oct 23, 2015
Willim spoor onlangs ’n long lost Rolling Stone SA interview op wat hy met Ryno Velvet gedoen vroeg in 2014.
Die interview was gedoen in dieselfde tyd toe die tydskrif besig was om te roggel in sy eie bloed – dus het hy nooit die lig gesien nie… tot nou toe. Hulle gesels oor videowinkel-culture, Ryno se albums, sy connection met Jan Blohm en sy nuwe album Alfabet – wat op daai stadium nog nie uit was nie, maar nou is.
Fun fact: Hierdie episode is gepost binne in ’n moving taxi met gratis aanboord Wi-fFi tussen Eindhoven en Schipol. Back to The Future naxt laval shit.
Wednesday Oct 14, 2015
Wednesday Oct 14, 2015
Wednesday Oct 14, 2015
Albert du Plessis het in 2000 Rhythm Records
begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp
legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon,
K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars - Live @ Tassenberg Stalteater en
nog vele meer.Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor
grootword in Frankryk, sy connection met Breyten Breytenbach, Anton Goosen,
Valiant Swart, Fokofpolisiekar en die begin en einde van Rhythm Records.
Wednesday Oct 07, 2015
Wednesday Oct 07, 2015
Wednesday Oct 07, 2015
Gertjie Besselsen is 'n actor, multi-instrumentalist, songwriter, sanger en een van die twee founding members van Mr. Cat & The Jackal - ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs.
Jacques du Plessis [op episode 19] is die ander founding member.
Gertjie vertel vir Willim van al die heavy bands wat hy geluister het toe hy ’n laaitie was en hoe sy ouers se loopbane en skill sets dalk net ’n beduidende invloed op sy loopbaankeuses kon hê. Daar is kiff stories oor diefstal in Tygervalley, posters plak, flyers knip, wat mens alles kan doen as jy net die regte tools het en wat alles op ’n cast call gebeur. Hulle besef ook dat beide van hulle dalk net die grootste hipsters van alle tye kan wees.
Hulle gesels ook oor sy side project - The Champions of the Sonarverse – saam met DJ Invizable.
Wednesday Sep 30, 2015
Wednesday Sep 30, 2015
Wednesday Sep 30, 2015
Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv
onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte
verskyn as ander?Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al
sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak.
Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape
Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit
behartig vir kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Van Coke
Kartel, Chris Chameleon, aKING, Valiant Swart, Foto na Dans, Mango Groove, Luna Paige, Ard Matthews, Zebra & Giraffe, Natasha
Meister, Anton Goosen, Ashtray Electric en nog vele meer.Liny bust ’n paar PR myths en ons kry ’n bietjie insig oor
wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review
kan kry of ge-interview kan word backstage.
Friday Sep 25, 2015
Friday Sep 25, 2015
Friday Sep 25, 2015
In die tweede en laaste deel van Willim se interview met Francois Breytenbach Blom vertel hy toe V.O.D. ’n record deal gestrike het in Duitsland, hulle gigs in die UK, sy liefde vir Afrikaans poetry en daai keer toe hulle by hom in gebreek het en al die recordings van ’n nuwe K.O.B.U.S! album gesteel het.
Hulle gesels ook oor hoe dit is om ’n metal-pa te wees, rugby, Koos Kombuis, Die Kruis, die upcoming K.O.B.U.S! vinyl en nuwe album, Barry Manilow, Nicholis Louw, Beyoncé, Burt Bacharach, authenticity en hoe om jou beast te tame.
Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.
Wednesday Sep 23, 2015
Wednesday Sep 23, 2015
Wednesday Sep 23, 2015
Francois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste
metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of
Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous.
Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir Willim van
sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die
weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die SAUK begin
werk het as ’n klankingenieur.
Daar’s ook lekker stukke stories oor hoe hy vir Voice
Of Destruction gejoin het, mense wat bang is vir die duiwel en wat gebeur
wanneer jy K.O.B.U.S! se musiek agterstevoor om speel.
Kom hierdie Vrydag terug vir Deel 2.Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.
Wednesday Sep 16, 2015
Wednesday Sep 16, 2015
Wednesday Sep 16, 2015
Theo Crous is die enigmatic guitarist vir Springbok Nude Girls en K.O.B.U.S.!Hy is ook ’n bo-baas producer en recording engineer by sy eie sy intansie -Bellville Studios - waar hy magic maak saam met artists soos Karen Zoid, Prime Circle, Dan Patlansky, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, The Parlotones en nog vele meer.Hy kom plak in die garage en gesels met Willim oor duur en desirable karre, bands, kinders groot maak, die begin van Springbok Nude Girls, weird movies, hoe hy kies saam met wie hy werk en hoe dit is om saam met ouens soos Chris Cornell en Foo Fighters live te speel. Daar is ook stories oor New York, Yoko Ono, Brian Eno, acid, rehab, Dave Grohl, Kevin Shirley en Francois Breytenbach Blom.Een befokte interview.Hierdie episode is geborg deur V&H Studios in die Kaap. As jy 'n producer of engineer is wat opsoek is na 'n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy 'n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse - gaan na vhstudios.co.za.