WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Sep 9, 2015
Episode 20. - Albert Maritz
Sep 9, 2015
Sep 9, 2015
1 hr 34 min
Albert Maritz se uiteenlopende loopbaan as akteur en stemkunstenaar het begin toe hy skaars elf jaar oud was.
Hy kom kuier in die garage en vertel vir Willim wat se groot invloed sy pa, Dawie Maritz, op sy loopbaan en lewe gehad het. Hulle gesels oor Albert sy toneelstukke, rolverdelings en wat se invloed ’n goeie teks het wanneer dit kom by die vertolking van daai legendariese karakters soos Herman Roodt in Konings en Torings en Willie Nagel in Orion.
Willim vis vir interessante anecdotes en behind the scenes stories op die set van Invictus… en hy kry ’n hele paar.
Hulle bespreek ook Albert se rol in Buurtwag, ’n nuwe plaaslike drama-komedie wat die 30ste September op KykNet begin rol.
Sep 9, 2015
1 hr 34 min
Sep 2, 2015
Episode 19. - Jacques du Plessis
Sep 2, 2015
Sep 2, 2015
1 hr 25 min
Jacques du Plessis is ’n multi-instrumentalist en een van die twee founding members in Mr. Cat & The Jackal – ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs.
Jacques kom polish ’n paar lang blikke Guinness in die garage en vertel vir Willim hoe hy en Gertjie Besselsen Mr. Cat & The Jackal begin het. Hulle gesels oor DIY-ethics, hoe Willim een aand secret recordings van Inge Beckmann by Jacques gesteel het, perlemoen-musiek, hoe om die saag te speel, Kunskafee-dae, die dae toe bands nog posters geplak het en hoe Mr. Cat & The Jackal se eerste album met ’n kak Carol mic gerecord was.
Hulle besef ook dat Arcade Fire dalk die idee van hulle stage costumes kon gesteel het en hulle chat ook oor Jacques se connection met Donny Truter se band Taleswapper.
Sep 2, 2015
1 hr 25 min
Aug 26, 2015
Episode 18. - Schalk Bezuidenhout
Aug 26, 2015
Aug 26, 2015
1 hr 33 min
Schalk Bezuidenhout is ’n aspirant
akteur maar meer as dit is hy ’n standup comedian wat nou baie vinnig begin
naam maak het in die land.
Sy gesig is op Comedy Central
billboards, hy’t onlangs ’n Savana Comics’ Choice Award gewen, hy feature op
Aromat adverts, hy doen Youtube skits, hy emcee musical festivals en dan open hy
sommer ook vir Trevor Noah op sy nasionale toere voor duisende mense. En hy is
nou eers 23 jaar oud.
Hy kom plak in die garage laat een aand
saam met Willim en ’n bottel goedkoop vonkelwyn en hulle gesels oor comedy vs.
acting, kampuslewe op UCT, sy connection met Trevor Noah, Afrikaans vs. Engelse
comedy, Gemengde Vrugte, corporate gigs en hecklers.
Hulle riff ook oor #RhodesMustFall, Engelse
kinders en sy dae op Hoërskool
waar alles begin het. Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit.Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.zavir meer besonderhede.
Aug 26, 2015
1 hr 33 min
Aug 19, 2015
Episode 17. - Henry Jack Cloete
Aug 19, 2015
Aug 19, 2015
1 hr 37 min
Henry Jack Cloete is ’n veelsydige joernalis,
skrywer, interviewer, sanger en kitaarspeler vir die post-apokaliptiese Afrikaanse Folk-Grunge band Die Skynmaagde.Henry en Willim is in dieselfde jaar
gebore en hulle paaie het al ’n hele paar keer gekruis binne die mediakringe en
musieklandskap van Suid-Afrika.Hy kom plak in die garage en Willim
interrogate hom oor al sy eindelose jobs as ’n joernalis en hulle bespreek die
skryfproses van sy se debuut roman - ’n
Draalnoot vir ’n Janfiskaal - wat onlangs die lig gesien het.Verder gesels hulle oor Litnet-interviews
en Henry se band Die Skynmaagde.Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit.Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.zavir meer besonderhede.
Aug 19, 2015
1 hr 37 min
Aug 11, 2015
Episode 16. - Martelize Brink
Aug 11, 2015
Aug 11, 2015
1 hr 10 min
Martelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor.
Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het.
Hulle gesels ook oor haar bedrywige buitemuursaktiwiteite, charity en mc-gigs, wat daar by RSG agter die skerms aan gaan en hoe daar niks sexy is omtrent ’n rolstoel nie… miskien die parkering.
En nee… hierdie onderhoud het nie gebeur agv Vrouemaand nie, dis net toevallig Augustus toe Martelize kom kuier het.
Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zonefitness aan te sluit.
Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.za vir meer besonderhede.
Aug 11, 2015
1 hr 10 min
Aug 5, 2015
Episode 15. - Louis Nel
Aug 5, 2015
Aug 5, 2015
1 hr 29 min
Louis Nel is Taxi Violence se drummer en hy speel een van die twee baskitare in BEAST.
Louis kom plak in Willim se garage en hulle travel terug in tyd waar hy as kind elke oggend die TableView/Kaapstad bus gevat het skool toe en hoe sy vriendskap met Rian Zietsman en Loedi van Renen begin het.
Daar is kiff stories van sy Hoërskool band 508 se rivalry met George van der Spuy en AJ Graham se band Hoërskool band Drain. Louis vertel ook van al die random jobs wat hy al gehad het en hoe Taxi Violence en BEAST begin het en hoe befok dit was om bands soos AC/DC, Rage Against The Machine, Nirvana en Queens of The Stone Age te discover.
Verder: Willim speel hierdie Sondag die 9de Aug. by Bohemia in Stellenbosch. Kom stiek yt. Show begin 20h00.
Aug 5, 2015
1 hr 29 min
Jul 29, 2015
Episode 14. - Hunter Kennedy
Jul 29, 2015
Jul 29, 2015
1 hr 20 min
Hunter is die towerwoorder en kitaarspeler in Fokofpolisiekar - as ook die baskitaarspeler en tweede towerwoorder in Die Heuwels Fantasies.
Hunter en Willim gesels oor die eerste Blood Brothers gig, daai keer toe Fokofpolisiekar by Willim se 21st gespeel het 10 jaar terug, toevallig ook die selfde jaar toe hulle Monoloog In Stereo uitgereik het. Hulle praat oor daai album se recording, oor hoe sommige Fokof lirieke deur die venster van Rian Malan se boek My Traitor’s Heart gesien kan word, die gevoel van veiligheid en die suburbs.
Hulle gesels ook oor hoe Die Heuwels Fantasies begin het, behind the scenes stories by Huisgenoot Skouspel en Philip “Geldwolf” Erasmus se elaborate depature uit die band uit.
Jul 29, 2015
1 hr 20 min
Jul 22, 2015
Jul 15, 2015
Episode 12. - AJ Graham
Jul 15, 2015
Jul 15, 2015
52 min
AJ Graham speel bass vir Akkedis en The Lyzyrd Kyngs.
Willim maak hom sit agter die mic een oggend op Piet Botha se stoep en hy vertel van sy eerste bands op Hoërskool, hoe hulle tot no.1 op Barney Simon se modern rock chart geklim het, funny toerstories saam met Akkedis en hoe ’n day job in ’n cubicle toe nie sy destiny was nie.
Jul 15, 2015
52 min
Jul 8, 2015
Episode 11. - Kobus de Kock Jnr.
Jul 8, 2015
Jul 8, 2015
1 hr 23 min
Kobus de Kock Jnr. is die bebaarde Sonic The Hedgehog frontman van daai explosive Pretoria rock band: Black Cat Bones.
Kobus kom maak ’n draai in die Kaap om PR te doen vir die Blood Brothers supergroup en hy pull ook toe sommer in by die garage om sy storie met ons te deel.
Het jy geweet hy was eers ’n drummer in ’n band saam met Jan Blohm voor Jan Blohm “Jan Blohm” was? Daar’s ’n paar cool stories oor sy two-piece jam sessions op die plaas saam met Noddie, sy solo kustoere en die ontstaan van die Black Cat Bones.
En natuurlik gesels ons ook oor die Blood Brothers. Lekker luister.
Jul 8, 2015
1 hr 23 min







