WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Jul 27, 2017
Episode 119. - Danie Du Toit van Spoegwolf
Jul 27, 2017
Jul 27, 2017
1 hr 37 min
Danie du Toit is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Spoegwolf, ’n Stellenbosch-based band met hulle wortels diep geanker in die oksels van die Paarl. Danie kom kuier in die garage om te gesels oor hulle nuwe album Die Donker Toring, sy kinderdae op die Paarl, sy eerste band Ysterkoei wat destyds Rockspaaider gewen het en hoe sy ouers vir hom en sy broer Moskou ondersteun het om musiek te maak. Hy gesels ook oor hoe sy ma Tertia Du Toit, ’n bekende kunstenaar, Spoegwolf se album art gemaak het en nog vele meer.
Bestel vir jou 'n Blitzkriek CD by williamwelfare@gmail.com
Jul 27, 2017
1 hr 37 min
Jul 20, 2017
Jul 20, 2017
1 hr 27 min
Michelle Nolte was die vierde en laaste eienaar van die legendariese Dorpstraat Teater op Stellenbosch. In hierdie laaste hoofstuk van die Dorpstraat Revisited reeks vertel Michelle hoe dit was om groot te raak met Valiant Swart as ouer boetie, hoe sy by die bank en toe by ’n wynplaas gewerk het en toe eventueel saam met Anita (Bredenkamp) Cilliers die Teater oorgeneem het by Rohan en Eldré Strydom.
(Bestel gerus my nuwe album BLITZKRIEK by williamwelfare@gmail.com of kry hom op iTunes.)
Jul 20, 2017
1 hr 27 min
Jul 12, 2017
Jul 12, 2017
50 min
Gerhard Grobler kom kuier in die garage en hy en Willim gaan krap bietjie in die archives en kom op recordings af wat Willim gemaak het in sy dae by Rolling Stone van 'n Bruce Springsteen soundcheck, 'n live performance van Andra by Mozambique en 'n twee ander bootlegs van oom Hannes Coetzee, die teaspoon-slide guitarist van Herbertsdale. Willim lees ook 'n paar briewe van luisteraars.
Jul 12, 2017
50 min
Jul 5, 2017
Episode 116. - Ruan Stix Fourie
Jul 5, 2017
Jul 5, 2017
1 hr 24 min
Ruan Stix Fourie is die main-man agter die skerms by gevaaalik.com, ’n Afrikaanse entertainment blog wat al meer as sewe jaar die ding doen. Ruan is ook ’n podcaster en dus moes hy en Willim oor dié formaat gesels, hoe om jou audience te service en suksesvol jou online jol vol te hou sodat brands, bands en ander mense jou verewig kan onthou.
Jul 5, 2017
1 hr 24 min
Jun 30, 2017
Episode 115. - Herman Kleinhans
Jun 30, 2017
Jun 30, 2017
1 hr 24 min
Herman Kleinhans is 'n liedjieskrywer en sanger van Stellenbosch. Hy het in Mei 2015 KykNET se AfriVisie gewen met sy lied "Ek Sweer". Hy is ook 'n lid van TWEE - die ander lid is Maria Rademan. Herman het 'n nuwe album uit, Kamer 4. Hy't kom kuier in die garage vir 'n passievolle gesprek oor laerskool-rugby, hoe en waar sy musiekloopbaan begin het, die inner workings van die musiekbedryf en hoe hy eenkeer in London 2000£ gekry het by 'n tabloid koerant. Dit alles en nog vele meer. Baie kiff episode dié.
Jun 30, 2017
1 hr 24 min
Jun 22, 2017
Episode 114. - Blitzkriek Met Jo Ellis
Jun 22, 2017
Jun 22, 2017
1 hr 10 min
Willim gesels met sy vriend en producer Jo Ellis oor Willim se nuwe album BLITZKRIEK, self-promotion, hoe hulle die album gemaak het en wat se amps en tegnieke hulle gebruik het. Willim speel ook 'n paar snippets van die songs. BLITZKRIEK CD's is nou by Willim beskikbaar, stuur gerus 'n epos na williamwelfare@gmail.com om ene te bestel.
Jun 22, 2017
1 hr 10 min
Jun 15, 2017
Episode 113. - Chris Kreef
Jun 15, 2017
Jun 15, 2017
1 hr 50 min
Toe Willim vir Chris Kreef van die bekende Kreefhotel onmoet het in 2007 by Akkedis se huis, The Château Liz-záurd, was Chris ’n grootkop by Pick Pay en nou tienjaar later gesels hulle vir die eerste keer waar alles begin het. Van sy eerste bike-bende, die weermag se begrafnisband, die restaurantbedryf, die snakes and ladders van die corporate wêreld tot by die Kreefhotel, Die Saronsberg De Kreeft Stamkafee Teater in Tulbagh en terug.
Strap yourself in for one hell of journey!
Geborg deur Thelema Vitamins & Supplements.
Jun 15, 2017
1 hr 50 min
Jun 9, 2017
Jun 9, 2017
1 hr 6 min
Willim en Gurtch vind ou briewe van regte-egte mense onder 'n brug en lees hulle vir jou.
Jun 9, 2017
1 hr 6 min
Jun 1, 2017
Jun 1, 2017
1 hr 29 min
Rouleaux van der Merwe is die platebaas van PermanentRecord.co.za, probably die slickste, kiffste, independent online vinyl shop in Suid-Afrika.
Rouleaux kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe David Kramer sy musical awaking op ’n jong ouderdom aan die brand gesteek het, sy vriendskap met Wentzel van der Gryp van Roastin’ Records, die dae toe hy saam met Willem Samual in Stellenbosch gewoon het en hoe hy graag wil hê dat almal Metode en Tegniek se ‘Post-boland-pre-peruvian-plaaspunk’ móét luister.
Hulle gesels ook Lucy Kruger and The Lost Boys se nuwe vinyl release ‘Summer’s Not That Simple’ en KOBUS se nuutste plaat ‘DIE KRONIEKE VAN KOBUS! VÖLUME 1.’
Willim se nuwe album Blitzkriek is van nou beskikbaar op iTunes.
Jun 1, 2017
1 hr 29 min
May 25, 2017
Episode 110. - Bill Knight
May 25, 2017
May 25, 2017
1 hr 30 min
Singer-songwriter Bill Knight once remarked that he wrote “songs for the Fallen, the battered, the bruised, but somehow hopeful.” The Capetonian troubadour takes Willim on a journey from Botswana to Durbanville to Rondebosch and back to the Barleycorn Music Club. He talks about his relationships with Rita and Richard Tait (Alma Café), Carl Raubenheimer, Roger Lucey and how he hanged with James Phillips in the 80s. They also talk about most of his albums, his new band Scarecrows In A Field, his dedicated folk venue The Cottage Club and what is means to be part of a folk music community.
May 25, 2017
1 hr 30 min







