WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.
EFT Support
As jy die show wil support, EFT gerus 'n donasie hier:
BANKING DETAILS
FNB Current
JWF Barnard
60278037326
200213
Jou donasie sal help om die maandlikse hosting kostes te dek en sodat Willim vir jou meer episodes kan maak.
Episodes
Episodes
Feb 11, 2016
Episode 42. - Hanru Niemand
Feb 11, 2016
Feb 11, 2016
1 hr 11 min
Hanru
Niemand is bedags ’n koel en kalm sielkundige en snags skryf hy soms satiriese,
soms surrealistiese, maar meestal mooi songs.Willim en
Hanru bespreek sy nuwe album Kreeftegang, al sy vorige albums, sy ontnugtering
oor hoe om op die radio geplaylist te word en wat alles soms agter die toe deur
van sy sielkundepraktyk kan gebeur. Somewhere is daar ’n kort psigoanalise van Gert Vlok Nel se bundel Om te Lewe Is Onnatuurlik.
Hulle gesels
ook oor die underrated waarde van moderne patrons of the arts.
Feb 11, 2016
1 hr 11 min
Feb 4, 2016
Episode 41. - Koos Kombuis
Feb 4, 2016
Feb 4, 2016
1 hr 12 min
Willim
kry uiteindelik die geleentheid om vir ’n uur lank met sy childhood hero en
gunsteling Afrikaanse songwriter te gesels en die gesprek stel nie teleur nie.Dus is
dit geen verrassing dat die gesprek die hele arc van Koos se loopbaan as
skrywer en musikant probeer dek het: Van kinderdae tot Voëlvry-vibes, sy
bedanking uit die Afrikanerdom, wat alles gebeur het op daai trein-trip KKNK
toe, van verslawing na suburbia, van Weskoppies tot by Somerset-Wes, sy
verhouding met sy collaborators en sy nuutse jeugroman Monster Goggas wat einde Februarie uitkom.Ons kry
ook ’n impromptu performance van sy song “Verslaaf” met ’n paar nuwe lirieke.Hierdie
episode is geborg deur Tunes Studio in Plankenbrug Stellenbosch, vir band
rehearsal space, live sound, tromlesse en afslag op musiekinstrument
accessories Kontak TUNESSTUDIO@GMAIL.COM of bel 082 770 47
98.Die
episode ook geborg deur VHSTUDIOS.CO.ZA en VHMUSIC.CO.ZA – gaan record by ’n wêreldklas studio fasiliteit of gaan
doen online music shopping.
Feb 4, 2016
1 hr 12 min
Jan 28, 2016
Episode 40. - Jo Ellis
Jan 28, 2016
Jan 28, 2016
1 hr 33 min
Willim gaan
op ’n solo ‘connecting-with-your-roots’ road trip na Ladismith en Oudtshoorn
toe en oppad terug Kaap toe stop hy by studio engineer en producer Jo Ellis.Jo het
Willim se eerste EP en vier van sy albums produce by sy home facility: Blooroom
Studios op Ladismith.
Hulle gaan
grawe ’n paar nostalgiese diamante uit Jo Ellis se geskiedenis uit en riff oor
sy studio se small beginnings wat vandag ’n groot sukses is, hoe anders dit is
om op die platteland te record en sy current projects.
Albums en
projects wat hy al record het en waaroor gesels word sluit in Jake Gunn, Jet
Black Camaro, Ann Jangle, Strident en natuurlik Willim se William Welfare
album. Hulle gesels ook oor die exclusive soundtrack wat hy saam met Deon Van
Heerden van Strident gerecord het vir die BROFORCE computer game.
Update: Die
oom by wie Willim gaan kuier het Saterdag is toe Dinsdagaand dood. RIP oom Fred
Barnard.
Jan 28, 2016
1 hr 33 min
Jan 21, 2016
Episode 39. - Inge Beckmann
Jan 21, 2016
Jan 21, 2016
1 hr 8 min
Toe Inge Beckmann ’n dogtertjie was het haar ma haar eendag
geleer harmonise in die bad en vandag is sy een van ons mees veelsydige vocal
exports.
Om daai blou alien in Fifth Element ’n go te gee agter die
mic is nie haar enigste talent nie, sy doen ook deesdae kunsuitstallings en sy act in groot internasionale films en TV reekse.
Sy kom kuier in die garage en vertel van haar bands Lark,
BEAST, The Spindle Sect en haar nuutse kunsuitstalling Uilien.
Willim vis ook heavy uit oor hoe dit was om te co-star saam
met ouens soos Forest Whitaker, Orlando Bloom en Daniel Radcliffe.
Jan 21, 2016
1 hr 8 min
Jan 14, 2016
Episode 38. - Gian Groen
Jan 14, 2016
Jan 14, 2016
1 hr 23 min
Gian Groen kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe
hy sy job as ’n pluimveeteler gelos het om ’n sy band Spinnekop te begin.Hulle gesels oor hoe Laurika Rauch hom genader het om sy
song te cover, hoe sy eerste volband gig saam met ’n klomp metal acts was met
varkkoppe op die stage en wat die implikasies is wanneer jou vrou jou
booking agent en manager word.
Hy vertel ook van Anton Goosen se mentorskap en hoe hy al moes gedeal het met ’n girl wat in die koerante geclaim het dat hy haar swanger
gemaak het.
Jan 14, 2016
1 hr 23 min
Jan 7, 2016
Episode 37. - Willim Welsyn
Jan 7, 2016
Jan 7, 2016
51 min
Al interview wat Willim op sy laptop oorgehad het na die
oujaar, was ’n interview wat ’n student - Leo Angelucci - met hom kom doen het
vir sy tesis wat gehandel het oor die survival van music journalism, die
WATpodcast en die kom en gaan van Rolling Stone SA magazine.
Happy fucking new year!
Jan 7, 2016
51 min
Dec 24, 2015
Dec 24, 2015
1 hr 10 min
In die tweede Best Of section spoeg en plak Willim vir jou
al sy gunsteling brokkies interviews aanmekaar van uit episodes 11 tot 20 en hy
las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites.
Flashback interview nuggets Kobus de Kock Jnr., AJ Graham,
Riku Lätti, Hunter Kennedy, Martelize Brink, Henry Jack Cloete, Schalk
Bezuidenhout, Jacques du Plessis, Albert Maritz en Louis Nel.
Dis kersfees. Geseënde kersfees aan al die WAT Luisteraars.
Dec 24, 2015
1 hr 10 min
Dec 17, 2015
Episode 35. - Basson Laubscher
Dec 17, 2015
Dec 17, 2015
1 hr 31 min
Basson Laubscher het vir tien jaar sy Strat se tande geslyp as die lead guitarist in Zinkplaat, hy jol ook al ’n hele paar jaar sy guitar in die Valiant Swart band.
Dus is hy legit.
Ons gesels oor sy pa, ma, karate, sy eie band, sy lekker upbringing, Stellenbosch, die Bottelarypad, Kuilsrivier, Zinkplaat, Ann Jangle en hoe hy veraltyd gaan music maak.
Merry Xmas.
Dec 17, 2015
1 hr 31 min
Dec 10, 2015
Episode 34. - Conrad Jamneck
Dec 10, 2015
Dec 10, 2015
1 hr 40 min
Conrad Jamneck is ’n pedigree-paartie-scientist: as die lead-singer van The Fake Leather Blues Band, een van die main organizers van die STRAB festival in Mozambique, Casper de Vries se klankman en ’n mens met baie goue stories.Hulle gesels oor Conrad se legendariese pa en ma: oom Jammies en tannie Gerrie Jamneck, sy utopiese kinderdae op Badplaas buite Carolina, die move na Silverton en sy skooldae.Willim tap ook in die psyche van Conrad se alter-ego: Mr. Ooogaboooga Man. En hoe dit soms ’n groot fout kan wees om “net gou vinnig vir die Akkedisboeties te gaan baai sê voor jy moet terug vlieg Noorde toe” en eye-eye conversations met Francois van Coke.Daar is baie mooi stories oor humble ooms soos Sias Reyneke, Ollie Viljoen, Lance James, Vusi Mahlasela en natuurlik oom Jammies Jamneck.RIP oom Jammies.Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music,'n documentary wat ek gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.
Dec 10, 2015
1 hr 40 min
Dec 3, 2015
Episode 33. - Etienne Nel
Dec 3, 2015
Dec 3, 2015
1 hr 1 min
Etienne Nel is die mens wat al die langste saam met Willim
in ’n band gespeel het as die drummer van Die Sunrise Toffies.
Hulle word wakker na ’n awkward launch gig en gesels oor die
ou dae, Etienne se geskiedenis, Die Sunrise Toffies, laerskool
identiteitskrisisse, Stellenbosch, Kroonstad, Ladismith en Mystic Boer. Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music, 'n documentary wat Willim gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.
Dec 3, 2015
1 hr 1 min







