Episodes
Thursday Aug 25, 2016
Episode 71. - Ryno Velvet
Thursday Aug 25, 2016
Thursday Aug 25, 2016
Ryno Velvet kom kuier in die garage en hy en Willim bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song "Lyfie" gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde? Willim vra al die vrae. Hulle riff oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24, pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur.
Hulle gesels ook oor die belangrike rol wat Riku Lätti se Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting.
Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA. Luister die intro vir die special discount offer.
Thursday Aug 18, 2016
Episode 70. - Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel
Thursday Aug 18, 2016
Thursday Aug 18, 2016
Jeandré ‘Pikkie’ Swanepoel is die energieke frontman van die Kaapse rock band De Wallen.
Willim word die Saterdag wakker in Kreefhotel by Oppikoppi en hy sien 'n vars Jeandré en nooi hom toe sommer vir ’n tentgesprek oor rock 'n' roll, ouers, fuck-ups, fucked raak, expectations, daai Battle for Maiden kompetisie en wat dit vir 'n band beteken om by Oppikoppi te mag speel.
Hulle het gehuil.
Geborg deur VHMUSIC.CO.ZA
Tuesday Aug 09, 2016
Episode 69. - Oppikoppi 2016
Tuesday Aug 09, 2016
Tuesday Aug 09, 2016
Willim vra sy eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy hom sal indulge om al sy stowwerige Oppikoppi-stories vir haar te kan vertel.
Marli stem in en Willim gaan op ’n memory-rant rampage oor sy trip, die gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer Kyle Gray se yin-yang psyche, bassist Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer celeb geword het, hoe om liefde te maak as jy vuil en dronk is, Lanie van der Walt se jazz band, Chris van der Walt se vark metal band en hoe daai 5 Star chocolate van Cadbury ‘n goeie voorbeeld is van ’n suksesvolle brand-activation by 'n fees. Daar is ook conspiracies oor Jon Savage se Telecaster wat glo aan Keith Richards behoort het.
Willim gee ook drie albums weg op die show en vertel vir jou van die nuwe Radio Rats documentary wat Michael Cross gemaak het.
Wednesday Aug 03, 2016
Episode 68. - Medicine Boy
Wednesday Aug 03, 2016
Wednesday Aug 03, 2016
Medicine Boy is a dream-noise duo from Cape Town and they will be releasing their latest album Kinda Like Electricity on the 13th of August at the Magnet Theatre in Observatory.
Willim talks to André Leo and Lucy Kruger about their previous bands, the new album, Medicine Boy’s song writing dynamic and the (un?)necessary assumptions a listener can make about the band because of the biographical nature of the songs.
Reverb, light, love and shade.
Geborg deur VHmusic.co.za
Thursday Jul 28, 2016
Episode 67. - Anton Marshall
Thursday Jul 28, 2016
Thursday Jul 28, 2016
Before Anton Marshall became the online editor of Rolling Stone South Africa magazine in 2011 – he first had to earn his stripes across various multi-media platforms like community radio, ETV, Channel 24 and WorldOnline. Anton also played in a variety of Cape Town-based bands including The Dolly Rockers, Three More White Guys and Long Time Citizen.
Willim talks to Anton about all of it and what performing musicians can learn from professional wrestlers. They also discuss the mechanics of music reviews and those crazy days at the Rolling Stone office where Anton took Willim under his wing and learned him to fly.
Geborg deur vhmusic.co.za and vhstudios.co.za.
Thursday Jul 21, 2016
Episode 66. - Rudi en Arthur Dennis
Thursday Jul 21, 2016
Thursday Jul 21, 2016
Rudi en Arthur Dennis is daai legendariese tweeling van die hardwerkendste en mees vreelose Afrikaanse rock band: AKKEDIS.
Akkedis het ’n nuwe album uit – Onder Ou Tafelberg – maar voor ons oor daai album gesels moet ons eers uitvind hoe en waar die tweeling groot geword het en wat alles in die koshuise, army, studios en op die pad gebeur het.
Geborg deur vhmusic.co.za, vhstudios.co.za, Kreefhotel en bongalong.co.za.
Thursday Jul 14, 2016
Episode 65. - Riaan Nieuwenhuis
Thursday Jul 14, 2016
Thursday Jul 14, 2016
Riaan Nieuwenhuis is ’n multi-instrumentalist en een van die founding members van Delta Blue. Hy het ook al gerecord saam met The Parlor Vinyls, Southern Gypsey Queen, Basson Laubscher and The Violent Free Peace, Piet Potent en op sy eie solo instrumental projects.
Riaan vertel van al sy travels, Stellenbosch in die 90s, sy musical journey en ons bespreek ook sy nuwe album Collaborator.
Hierdie episode is geborg deur die online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal) en Kreefhotel by Oppikoppi.
Thursday Jul 07, 2016
Episode 64. - Jaco 'Snakehead' Venter
Thursday Jul 07, 2016
Thursday Jul 07, 2016
Jaco Snakehead Venter is die drummer van Fokofpolisiekar en aKING.
Hy kom kuier in die garage en gesels oor Fokofpolisiekar se album Swanesang se tien jaar anniversary vinyl wat nou net uitgekom het, sy belangstelling in photography, sy betrokkenheid op Jack Parow se nuwe travelprogram Dis Hoe Ons Rol en die business model agter FOKOF Lager – die official Fokofpolisiekar bier brand.
Hierdie episode is geborg deur vhmusic.co.za en Kreefhotel by Oppikoppi.
Thursday Jun 30, 2016
Episode 63. - Simone Jonker (Venter) en Ernesto Garcia Marques
Thursday Jun 30, 2016
Thursday Jun 30, 2016
Simone Jonker (Venter) is die dogter van Ingrid Jonker en sy en haar man Ernesto Garcia Marques het onlangs ’n dubbel tribute album uitgereik met die naam: Ingrid Jonker – ‘Die Kind Is Nog Jonger’.
Simone en Ernesto kom kuier in die garage en gesels oor die projek en al die kunstenaars wat betrokke was - wat mense insluit soos Anton Goosen, Inge Beckmann, Radio Rats, Somerfaan, Dirk Ace, Kalahari Surfers, Falling Mirror, Die Naaimasjiene, Terminatryx en nog vele meer.
Simone gesels ook oor haar verhouding met haar ma en haar ma se skryfwerk.
Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
Thursday Jun 23, 2016
Episode 62. - Luna Paige
Thursday Jun 23, 2016
Thursday Jun 23, 2016
Luna Paige is ’n industrious singer-songwriter met die stem van ’n engel, maar die attitude van ’n rocker.
Sy kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe sy groot geword het as enkelkind, hoe Tori Amos haar inspire het, haar work ethic, die dae toe sy gewaiter het by Dorpstraat Teater in Stellenbosch, hoe sy al haar albums en haar live DVD aangepak het en haar nuwe produksie company Iluminar Productions. Hulle raak ook nostalgies oor die dae toe die live music scene in Stellenbosch geblom het.
Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
Thursday Jun 16, 2016
Episode 61. - Valiant Swart
Thursday Jun 16, 2016
Thursday Jun 16, 2016
’n Cool en kalm Valiant Swart kom kuier in die garage en vertel vir Willim van sy eerste kitaar, sy eerste amp, sy eerste paying residency gig by die Kimberley Hotel, meeste van sy albums en hoe hy sommer toe ook ’n TV-aanbieder en actor geword het.
Hulle gesels ook sy nuwe album Nagrit, sy vriendskap met Ollie Viljoen en Koos Kombuis, die dae toe hy vir Akkedis tromme gespeel het en stories agter songs soos "Sonvanger" en "Kleinmond Koebaai".
Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
Thursday Jun 09, 2016
Episode 60. - Daggaverkoper
Thursday Jun 09, 2016
Thursday Jun 09, 2016
Willim ontmoet ’n vriendelike daggaverkoper een aand en vra hom of hy sal instem om ’n onderhoud te doen.
Hy stem in en vertel ons hoe sy besigheid werk, wat se risk daar betrokke is en hoe hy homself uit die moeilikheid hou.
Hierdie episode is geborg deur die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
Thursday Jun 02, 2016
Episode 59. - André Kriel
Thursday Jun 02, 2016
Thursday Jun 02, 2016
André Kriel is die kitaarspeler met die goeie postuur in daai badass blues-rock band van Pretoria: Black Cat Bones.
Willim en André was die naweek loghut-bure in Ponta Malongane toe hulle by STRAB in Mozambique gespeel het. En natuurlik móés daar toe ’n onderhoud gedoen word op die stoep oor André se kinderdae, sy pa wat ook ’n working muso was, die dae in die army en al die verskillende jobs wat hy moes doen voor hy self ’n voltydse musikant kon word.
Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.
Tuesday May 24, 2016
Episode 58. - STRAB Met Conrad Jamneck en Andries Burger
Tuesday May 24, 2016
Tuesday May 24, 2016
Willim en sy band Die Sunrise Toffies is oppad Mozambique toe om by die legendariese STRAB festival te gaan speel.
Wednesday May 18, 2016
Episode 57. - Gesprekke Oor Iron Maiden
Wednesday May 18, 2016
Wednesday May 18, 2016
Willim bel vir drummer Jean Middelvinger van Dead Lucky, Black Cat Bones se bassist Chris Danger Thundervolt, Griffin en Chopper Charlie van Watkykjy.co.za en sy ou vriend Jacques Stemmet van Oudtshoorn, wat die baskitaar geklap het in The Great Apes… hy vra hulle uit oor Iron Maiden en wat aangaan met hulle eie bands (en blog).
Thursday May 12, 2016
Episode 56. - Danie Marais
Thursday May 12, 2016
Thursday May 12, 2016
Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture.
Hy kom riff in die garage oor sy kinderdae, hoe die platebiblioteek en sy neefs op De Doorns se musiekvoorkere sy identiteit beïnvloed het en hoe sy stint en eerste huwelik in Duitsland die pas aangegee het om sy debuutbundel In Die Buitenste Ruimte die lig te laat sien.
Thursday May 05, 2016
Episode 55. - Almuir Botha
Thursday May 05, 2016
Thursday May 05, 2016
Almuir Botha is ’n baie skaam kitaarspeler wat al baie moes drink om live te kon speel en vloek in bands soos Raaskopleef, Delta Blue, Jakkie Louw en Amafist. In sy eerste interview in 10 jaar vertel hy hoe hy in St.8 weggeloop het van die huis af en Durban toe gehike het, hoe hy na skool gepoog het om die beste kitaarspeler in wêreld te word, hoekom hy eventueel opgehou drink het en sy lang dreads geknip het.
Hy gesels ook oor sy nuwe band Orwellington en sy home studio.
Thursday Apr 28, 2016
Episode 54. - Haddad Viljoen
Thursday Apr 28, 2016
Thursday Apr 28, 2016
Haddad Viljoen was vir ’n hele paar jaar die bemarkingsbestuurder vir Aardklop en toe vir KykNet en toe ook vir MK. Vandag is hy die CMO van Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens.
Haddad kom kuier in die garage en vertel hoe mal sy job by Aardklop was en hoekom DSTV se musiekkanaal MK begin en geëindig het. Hy vat ons ook diep binne in the belly of the TV-beast waar hy verduidelik hoe KykNET, MNET, Multi Choice en DSTV se operations werk en hoekom Afrikaanse musiekliefhebbers en musiekante opgewonde moet raak oor Liedjie.
Thursday Apr 21, 2016
Episode 53. - Gareth Vorster
Thursday Apr 21, 2016
Thursday Apr 21, 2016
Gareth Vorster was die lead singer vir Shy Guevaras en Filth en hy het serious pype, met ander woorde: hy kán sing.
In ’n baie revealing interview maak Gareth oop oor hoe hy sy verslawing aan heroïen oorkom het en wat se impak ‘pyn’ op sy vocal abilities en lewe gehad het. Daar is ook cool stories oor sy skooldae, rugby, surfing en daai keer toe sy band Shy Guevaras by My Coke Fest die stage gedeel het saam met Muse en Korn.
Wednesday Apr 13, 2016
Episode 52. - Albert Hammond
Wednesday Apr 13, 2016
Wednesday Apr 13, 2016
The legendary songsmith Albert Hammond is heading to South Africa to perform in Cape Town at the Artscape Operahouse on the 14th of April and in Johannesburg at the Teatro Montecasino on the 16th of April.
Willim calls him in New York prior to his departure to discuss his jam-packed world tour, the mystery behind his songwriting success and his initial involvement with The Strokes’ debut album Is This It – for whom his son Albert Hammond Jnr. plays guitar.
Thursday Apr 07, 2016
Episode 51. - Dan Patlansky
Thursday Apr 07, 2016
Thursday Apr 07, 2016
Dan Patlansky is currently on tour launching his latest album Introvertigo and stopped by the garage for an engaging conversation.
We backtrack through Dan’s childhood growing up in Johannesburg and how his musical tastes evolved straight back to the blues. We talk about genre-snobbery, record labels, residency gigs, all his albums, and what it means to be an introvert.
There’s also a few cool stories like how Dan lost his 62 Strat in Hurricane Katrina, how he ended up touring with Joe Satriani and how he managed to open for Bruce Springsteen at the FNB Stadium in Johannesburg.
The WAT Podcast is charting at number 1 on SA iTunes in the Performing Arts category this week. Whoo-hoo!
Thursday Mar 31, 2016
Episode 50. - Churchil Naude
Thursday Mar 31, 2016
Thursday Mar 31, 2016
Kletsrymer Churchil Naude se debuutablum ‘Kroeskop Vol Geraas’ het laasjaar die lig gesien onder die leiding en produksie van Riku Lätti.
Churchil en Willim het al ’n hele paar gekeer saam opgetree by Wasgoedlyn shows, maar hulle het nog nooit gesels oor wie Churchil is en waar hy vandaan kom nie. Hulle backtrack deur sy vormingsjare om te probeer uitfigure waar sy unieke aanslag op Afrikaanse rap begin het en hoekom dit so lank gevat het om sy eerste album die lig te laat sien. Dit blyk asof sy skoonsuster en Koos Kombuis miskien iets te doen gehad het daarmee...
Thursday Mar 24, 2016
Episode 49. - Annie Klopper (Deel 2 van 2)
Thursday Mar 24, 2016
Thursday Mar 24, 2016
Post interview op Episode 48 raak Annie klomp nuwe goeters kwyt, Willim hit toe weer record vir die bonus B-sides.
Thursday Mar 24, 2016
Episode 48. - Annie Klopper (Deel 1 van 2)
Thursday Mar 24, 2016
Thursday Mar 24, 2016
Annie Klopper het sewe jaar terug haar meestersgraad tesis gedoen oor Fokofpolisiekar se lirieke, sy’t ook toe kort daarna die band se definitive biografie geskryf.
Ons weet nou alles van Fokofpolisiekar, maar wie is Annie Klopper? Waar kom sy vandaan? Hoekom het iemand dit nog nooit vir haar in ’n interview gevra nie? En hoekom is mens se identiteit so angstige afvêre?
Sy kom kuier in die garage waar hulle al hierdie vrae ondersoek en bespreek in twee episodes.
Thursday Mar 17, 2016
Episode 47. - Gerhard Grobler
Thursday Mar 17, 2016
Thursday Mar 17, 2016
Gerhard Grobler speel al vir 10 jaar die baskitaar in Willim Welsyn en die Sunrise Toffies.
Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae op Graaff-Reinet en Jeffreysbaai, sy eerste Hoërskool band Common Nonsense en die dag toe Willim hom gebel het om Die Sunrise Toffies te join en alles wat toe daarna gebeur het… rock ’n roll toere, drugbusts, albums en beyond!
Vandag is Gerhard ’n respectable audio engineer by VH Studios waar hy onlangs Albert Frost se nuwe album The Wake Up gerecord het.
Thursday Mar 10, 2016
Episode 46. - Albert Frost
Thursday Mar 10, 2016
Thursday Mar 10, 2016
Albert Frost het al vir die Rolling Stones ge-open.
Hy het begin guitar speel vir die Blues Broers toe hy 13jaar oud was saam met sy pa Frank Frost op die drums.
Hy kom kuier in die garage en vertel hoe hy groot geword hetlangs Tolla van der Merwe, hoe sy pa hom leer drums speel het as ’n laaitie enhoe sy ma die ultimate rock-chick is. Daar is ook cool stories oor Oppikoppi, die sukses van sy enArno Carstens se album Another Universe,toe hy ophou drink het en daai keer toe hy saam met Ginger Baker in Tulbaghgespeel het.
Hierdie is ook die heel eerste interview waar hy oor sy nuweup and coming album gesels. Out soon! Strap jouself in vir ’n befokte journey saam meteen van Suid-Afrika se mees talentvolste exports.
Thursday Mar 03, 2016
Episode 45. - George van der Spuy
Thursday Mar 03, 2016
Thursday Mar 03, 2016
Kort voor George van der Spuy begin sing het in Taxi Violence, het hy en Willim mekaar een aand in J-Bay gedurende ’n drug bust ontmoet.
George kom kuier 12 jaar later in die garage en vertel hoe sy pa hom leer drums speel het, hoe hy amper ’n drie op Nuweland gedruk het en hoe sy eerste band, Drain, begin het in Paul Roos toe hy 13 jaar oud was.
Hy vertel van sy jobs in London, sy legendary rehearsal studio Kill City Blues, hoe hy van kleins af wys geraak ivm met record deals, Taxi Violence se DIY approach en wat toe nou eintlik gebeur het met sy supergroup band: Goodnight Wembley.
Hierdie episode is geborg deur Bongalong.co.za
Thursday Feb 25, 2016
Episode 44. - Riaan Smit
Thursday Feb 25, 2016
Thursday Feb 25, 2016
Riaan Smit is die growling frontman en guitarist in Crimson House – ’n Cape Town-based blues-rock band al die pad van Windhoek af.
Riaan is ook Willim se neef en sy life story is ’n Hollywood script waiting to happen met scenes en characters set in Amerika, Spanje, Namibië, Mozambique en Suid-Afrika.
Sy musiekloopbaan begin by punk, dit gaan maak 'n lang draai by metal en vandag - iewers tussen die boude van die blues, die harde tande van rock en die vuil vingers van funk - pluk hy die vrugte.
Hierdie episode is geborg deur Bongalong.co.za.
Thursday Feb 18, 2016
Episode 43. - Melt Sieberhagen
Thursday Feb 18, 2016
Thursday Feb 18, 2016
Melt Sieberhagen het in 2006 begin stand-up comedy doen – jy sou hom ook al probably op tv shows en flieks gesien het soos Kunskafee, Kwêla, Kompleks, VNL, Proestraat, Egoli, Oh Schucks - I’m Gatvol en District 9.
Hy kom kuier in die garage vertel hoe hy groot geword het op Ventersdorp as enigste kind en hoe sy loopbaan op die stage, tv, grootskerm en radio begin het.
Hulle gesels ook oor sy show The Flying Dutchman wat hy saam met sy longtime friend en collaborator Hannes Brümmer doen by die Woordfees op Stellenbosch die 7de Maart en dan weer die 17de Maart by die Centurion Teater met spesiale gas Casper de Vries.
Thursday Feb 11, 2016
Episode 42. - Hanru Niemand
Thursday Feb 11, 2016
Thursday Feb 11, 2016
Hanru Niemand is bedags ’n koel en kalm sielkundige en snags skryf hy soms satiriese, soms surrealistiese, maar meestal mooi songs.
Willim en Hanru bespreek sy nuwe album Kreeftegang, al sy vorige albums, sy ontnugtering oor hoe om op die radio geplaylist te word en wat alles soms agter die toe deur van sy sielkundepraktyk kan gebeur. Somewhere is daar ’n kort psigoanalise van Gert Vlok Nel se bundel Om te Lewe Is Onnatuurlik.
Hulle gesels ook oor die underrated waarde van moderne patrons of the arts.
Thursday Feb 04, 2016
Episode 41. - Koos Kombuis
Thursday Feb 04, 2016
Thursday Feb 04, 2016
Willim kry uiteindelik die geleentheid om vir ’n uur lank met sy childhood hero en gunsteling Afrikaanse songwriter te gesels en die gesprek stel nie teleur nie.
Dus is dit geen verrassing dat die gesprek die hele arc van Koos se loopbaan as skrywer en musikant probeer dek het: Van kinderdae tot Voëlvry-vibes, sy bedanking uit die Afrikanerdom, wat alles gebeur het op daai trein-trip KKNK toe, van verslawing na suburbia, van Weskoppies tot by Somerset-Wes, sy verhouding met sy collaborators en sy nuutse jeugroman Monster Goggas wat einde Februarie uitkom.
Ons kry ook ’n impromptu performance van sy song “Verslaaf” met ’n paar nuwe lirieke.
Hierdie episode is geborg deur Tunes Studio in Plankenbrug Stellenbosch, vir band rehearsal space, live sound, tromlesse en afslag op musiekinstrument accessories Kontak TUNESSTUDIO@GMAIL.COM of bel 082 770 47 98.
Die episode ook geborg deur VHSTUDIOS.CO.ZA en VHMUSIC.CO.ZA – gaan record by ’n wêreldklas studio fasiliteit of gaan doen online music shopping.
Thursday Jan 28, 2016
Episode 40. - Jo Ellis
Thursday Jan 28, 2016
Thursday Jan 28, 2016
Willim gaan op ’n solo ‘connecting-with-your-roots’ road trip na Ladismith en Oudtshoorn toe en oppad terug Kaap toe stop hy by studio engineer en producer Jo Ellis.
Jo het Willim se eerste EP en vier van sy albums produce by sy home facility: Blooroom Studios op Ladismith.
Hulle gaan grawe ’n paar nostalgiese diamante uit Jo Ellis se geskiedenis uit en riff oor sy studio se small beginnings wat vandag ’n groot sukses is, hoe anders dit is om op die platteland te record en sy current projects.
Albums en projects wat hy al record het en waaroor gesels word sluit in Jake Gunn, Jet Black Camaro, Ann Jangle, Strident en natuurlik Willim se William Welfare album. Hulle gesels ook oor die exclusive soundtrack wat hy saam met Deon Van Heerden van Strident gerecord het vir die BROFORCE computer game.
Update: Die oom by wie Willim gaan kuier het Saterdag is toe Dinsdagaand dood. RIP oom Fred Barnard.
Thursday Jan 21, 2016
Episode 39. - Inge Beckmann
Thursday Jan 21, 2016
Thursday Jan 21, 2016
Toe Inge Beckmann ’n dogtertjie was het haar ma haar eendag geleer harmonise in die bad en vandag is sy een van ons mees veelsydige vocal exports.
Om daai blou alien in Fifth Element ’n go te gee agter die mic is nie haar enigste talent nie, sy doen ook deesdae kunsuitstallings en sy act in groot internasionale films en TV reekse.
Sy kom kuier in die garage en vertel van haar bands Lark, BEAST, The Spindle Sect en haar nuutse kunsuitstalling Uilien.
Willim vis ook heavy uit oor hoe dit was om te co-star saam met ouens soos Forest Whitaker, Orlando Bloom en Daniel Radcliffe.
Thursday Jan 14, 2016
Episode 38. - Gian Groen
Thursday Jan 14, 2016
Thursday Jan 14, 2016
Gian Groen kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe hy sy job as ’n pluimveeteler gelos het om ’n sy band Spinnekop te begin.
Hulle gesels oor hoe Laurika Rauch hom genader het om sy song te cover, hoe sy eerste volband gig saam met ’n klomp metal acts was met varkkoppe op die stage en wat die implikasies is wanneer jou vrou jou booking agent en manager word.
Hy vertel ook van Anton Goosen se mentorskap en hoe hy al moes gedeal het met ’n girl wat in die koerante geclaim het dat hy haar swanger gemaak het.
Thursday Jan 07, 2016
Episode 37. - Willim Welsyn
Thursday Jan 07, 2016
Thursday Jan 07, 2016
Al interview wat Willim op sy laptop oorgehad het na die oujaar, was ’n interview wat ’n student - Leo Angelucci - met hom kom doen het vir sy tesis wat gehandel het oor die survival van music journalism, die WATpodcast en die kom en gaan van Rolling Stone SA magazine.
Happy fucking new year!
Thursday Dec 24, 2015
Episode 36. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel2
Thursday Dec 24, 2015
Thursday Dec 24, 2015
In die tweede Best Of section spoeg en plak Willim vir jou al sy gunsteling brokkies interviews aanmekaar van uit episodes 11 tot 20 en hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites.
Flashback interview nuggets Kobus de Kock Jnr., AJ Graham, Riku Lätti, Hunter Kennedy, Martelize Brink, Henry Jack Cloete, Schalk Bezuidenhout, Jacques du Plessis, Albert Maritz en Louis Nel.
Dis kersfees. Geseënde kersfees aan al die WAT Luisteraars.
Thursday Dec 17, 2015
Episode 35. - Basson Laubscher
Thursday Dec 17, 2015
Thursday Dec 17, 2015
Basson Laubscher het vir tien jaar sy Strat se tande geslyp as die lead guitarist in Zinkplaat, hy jol ook al ’n hele paar jaar sy guitar in die Valiant Swart band.
Dus is hy legit.
Ons gesels oor sy pa, ma, karate, sy eie band, sy lekker upbringing, Stellenbosch, die Bottelarypad, Kuilsrivier, Zinkplaat, Ann Jangle en hoe hy veraltyd gaan music maak.
Merry Xmas.
Thursday Dec 10, 2015
Episode 34. - Conrad Jamneck
Thursday Dec 10, 2015
Thursday Dec 10, 2015
Conrad Jamneck is ’n pedigree-paartie-scientist: as die lead-singer van The Fake Leather Blues Band, een van die main organizers van die STRAB festival in Mozambique, Casper de Vries se klankman en ’n mens met baie goue stories.
Hulle gesels oor Conrad se legendariese pa en ma: oom Jammies en tannie Gerrie Jamneck, sy utopiese kinderdae op Badplaas buite Carolina, die move na Silverton en sy skooldae.
Willim tap ook in die psyche van Conrad se alter-ego: Mr. Ooogaboooga Man. En hoe dit soms ’n groot fout kan wees om “net gou vinnig vir die Akkedisboeties te gaan baai sê voor jy moet terug vlieg Noorde toe” en eye-eye conversations met Francois van Coke.
Daar is baie mooi stories oor humble ooms soos Sias Reyneke, Ollie Viljoen, Lance James, Vusi Mahlasela en natuurlik oom Jammies Jamneck.
RIP oom Jammies.
Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music,'n documentary wat ek gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.
Thursday Dec 03, 2015
Episode 33. - Etienne Nel
Thursday Dec 03, 2015
Thursday Dec 03, 2015
Etienne Nel is die mens wat al die langste saam met Willim in ’n band gespeel het as die drummer van Die Sunrise Toffies.
Hulle word wakker na ’n awkward launch gig en gesels oor die ou dae, Etienne se geskiedenis, Die Sunrise Toffies, laerskool identiteitskrisisse, Stellenbosch, Kroonstad, Ladismith en Mystic Boer.
Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music, 'n documentary wat Willim gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.
Wednesday Nov 25, 2015
Episode 32. - Best Of 2015 Met Shunt-Bites - Deel 1
Wednesday Nov 25, 2015
Wednesday Nov 25, 2015
Die jaar staan einde se kant toe en dit is nou ’n goeie tyd om te begin recap WAT ons geleer het.
Willim sit in ’n klein Hollandse kamertjie op die 17de vloer en hy spoeg en plak vir jou al sy gunsteling brokkies interviews uit die eerste 10 episodes uit. Hy las daai brokkies aan mekaar met sulke stukkies Shunt-bites.
Flashback interview nuggets met Toast Coetzer, Francois van Coke, Piet Botha, Andries Bezuidenhout, Rian Malan, Dirk Ace, Anton Goosen en Beer Adriaanse.
Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch hierdie Saterdag die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.
Thursday Nov 19, 2015
Episode 31. - Rian Zietsman
Thursday Nov 19, 2015
Thursday Nov 19, 2015
Rian Zietsman is die main guitarist in Taxi Violence en een van die twee bassists in BEAST.
Rian het onlangs ophou rook. Hy kom riff in die garage oor drie van sy main musical influences: Pink Floyd, Nirvana en Queens of The Stone Age. Daar’s stories oor Cape Town kids, buskinders, acid-koppe en ander kinders wat hulle CDs moes verbrand. Hulle gesels ook oor Taxi Violence, BEAST, day jobs en hoe hy al USB logic analysers gebou het in ’n garage.
En obiviously gesels hulle oor guitars!
Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.
Thursday Nov 12, 2015
Episode 30. - Beer Adriaanse (Ivm Buurtwag)
Thursday Nov 12, 2015
Thursday Nov 12, 2015
Beer Adriaanse kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle KykNET show Buurtwag kan gesels.
Hy vertel hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show op TV kon sien.
Hulle riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om kritiek te hanteer – want nie almal in die land like Buurtwag soos hard soos Willim en sy vrou nie.
Onthou ook asb: Willim en vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, Willim se Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.
Hierdie episode is geborg deur www.decibels.co.za se band rehearsal studios in Pretoria. WAT luisteraars kry afslag.
Thursday Nov 05, 2015
Episode 29. - Abel Kraamsaal
Thursday Nov 05, 2015
Thursday Nov 05, 2015
Abel Kraamsaal se heel eerste live show… ooit… was ’n opening set vir Koos Kombuis met ’n closing set deur Gian Groen.
Abel kom kuier in die Kaap vir ’n week en hy maak ’n vinnige pitstop in die garage waar Willim hom heavey uit vra oor hoekom hy altyd voor ’n show ’n kat skiet, hoe Koos Kombuis sy mentor geword het en hoe de hel hy ’n qualified hypnotherapist geword het. Daar is ook mooi stories oor Rock Spaaider, hoe hy en sy vrou die Kunskafee in Durbanville begin het en hoekom die maag die hart van die hol, mond en keel is.
Turns out Abel het nogal ’n knack vir risk assessment wanneer dit by die lewe kom. Kiff chat.
Verder: Dis CONFIRMED. Die William Welfare – Shunt vinyl launch gebeur by Ellingtons in Bellville Saterdag die 28ste November! Dankie aan VH Music & Publishing wat hom publish – hulle launch ook saam met die vinyl daai selfde aand ’n doccie Zeegunst: By Invite only wat Willim gemaak het EN hulle nuwe online music shop. Stuur ’n mail na williamwelfare@gmail.com vir meer inligting.
Thursday Oct 29, 2015
Episode 28. - Wayne Davidson
Thursday Oct 29, 2015
Thursday Oct 29, 2015
Wayne Davidson is ’n baie likeable, gladdebek drummer wat ’n groot bydrae gelewer het gedurende die tydperk van Jan Blohm se rise to fame.
Wayne het ’n knack om ’n goeie songwriter te recognise wanneer hy een sien - so dit maak sin dat hy al drums gespeel het vir ouens Gian Groen, Jan Blohm, Ryno Velvet en Abel Kraamsaal. Hy het ook al ’n hele paar random jobs gehad waarvan een by Bowline Distribution was.
Hulle gesels oor Dorpstraat Teater, Steak 'n' Ale, Bowline, KKNK, Aardklop, dayjobs en hoekom hy tot vandag nog nooit vir Valiant Swart wou ontmoet het nie.
Willim maak ook 'n paar belangrike announcements.
Friday Oct 23, 2015
Episode 27. - Ryno Velvet
Friday Oct 23, 2015
Friday Oct 23, 2015
Willim spoor onlangs ’n long lost Rolling Stone SA interview op wat hy met Ryno Velvet gedoen vroeg in 2014.
Die interview was gedoen in dieselfde tyd toe die tydskrif besig was om te roggel in sy eie bloed – dus het hy nooit die lig gesien nie… tot nou toe. Hulle gesels oor videowinkel-culture, Ryno se albums, sy connection met Jan Blohm en sy nuwe album Alfabet – wat op daai stadium nog nie uit was nie, maar nou is.
Fun fact: Hierdie episode is gepost binne in ’n moving taxi met gratis aanboord Wi-fFi tussen Eindhoven en Schipol. Back to The Future naxt laval shit.
Wednesday Oct 14, 2015
Episode 26. - Albert du Plessis
Wednesday Oct 14, 2015
Wednesday Oct 14, 2015
Albert du Plessis het in 2000 Rhythm Records begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon, K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars - Live @ Tassenberg Stalteater en nog vele meer.
Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor grootword in Frankryk, sy connection met Breyten Breytenbach, Anton Goosen, Valiant Swart, Fokofpolisiekar en die begin en einde van Rhythm Records.
Wednesday Oct 07, 2015
Episode 25. - Gertjie Besselsen
Wednesday Oct 07, 2015
Wednesday Oct 07, 2015
Gertjie Besselsen is 'n actor, multi-instrumentalist, songwriter, sanger en een van die twee founding members van Mr. Cat & The Jackal - ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs.
Jacques du Plessis [op episode 19] is die ander founding member.
Gertjie vertel vir Willim van al die heavy bands wat hy geluister het toe hy ’n laaitie was en hoe sy ouers se loopbane en skill sets dalk net ’n beduidende invloed op sy loopbaankeuses kon hê. Daar is kiff stories oor diefstal in Tygervalley, posters plak, flyers knip, wat mens alles kan doen as jy net die regte tools het en wat alles op ’n cast call gebeur. Hulle besef ook dat beide van hulle dalk net die grootste hipsters van alle tye kan wees.
Hulle gesels ook oor sy side project - The Champions of the Sonarverse – saam met DJ Invizable.
Wednesday Sep 30, 2015
Episode 24. - Liny Kruger
Wednesday Sep 30, 2015
Wednesday Sep 30, 2015
Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander?
Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak.
Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit behartig vir kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, aKING, Valiant Swart, Foto na Dans, Mango Groove, Luna Paige, Ard Matthews, Zebra & Giraffe, Natasha Meister, Anton Goosen, Ashtray Electric en nog vele meer.
Liny bust ’n paar PR myths en ons kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.
Friday Sep 25, 2015
Episode 23. - Francois Breytenbach Blom (Deel 2 van 2)
Friday Sep 25, 2015
Friday Sep 25, 2015
In die tweede en laaste deel van Willim se interview met Francois Breytenbach Blom vertel hy toe V.O.D. ’n record deal gestrike het in Duitsland, hulle gigs in die UK, sy liefde vir Afrikaans poetry en daai keer toe hulle by hom in gebreek het en al die recordings van ’n nuwe K.O.B.U.S! album gesteel het.
Hulle gesels ook oor hoe dit is om ’n metal-pa te wees, rugby, Koos Kombuis, Die Kruis, die upcoming K.O.B.U.S! vinyl en nuwe album, Barry Manilow, Nicholis Louw, Beyoncé, Burt Bacharach, authenticity en hoe om jou beast te tame.
Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.
Wednesday Sep 23, 2015
Episode 22. Francois Breytenbach Blom (Deel 1 van 2)
Wednesday Sep 23, 2015
Wednesday Sep 23, 2015
Francois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous.
Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir Willim van sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die SAUK begin werk het as ’n klankingenieur.
Daar’s ook lekker stukke stories oor hoe hy vir Voice Of Destruction gejoin het, mense wat bang is vir die duiwel en wat gebeur wanneer jy K.O.B.U.S! se musiek agterstevoor om speel.
Kom hierdie Vrydag terug vir Deel 2.